Laerskool Tutor
in Fairland, Randburg

Akademiese ondersteuning vir
Graad 4 - 7 leerders

Ons help leerders om te verstaan, te groei
en met selfvertroue hul volle potensiaal te bereik.

Ons vakke

Wiskunde

Getalle, bewerkings, breuke, algebra, grafieke en meer.

Afrikaans

Lees, begrip, spelling, grammatika, taal en skryfwerk.

Engels

Lees, begrip, grammatika, spelling en skryfvaardighede.

Natuurwetenskap

Maak wetenskap makliker om te verstaan met eenvoudige verduidelikings en voorbeelde.

Sosiale Wetenskap

Geskiedenis, Geografie en belangrike konsepte stap vir stap.

h

Eksamens en Toetse

Leer hoe om te leer, vrae te verstaan en effektief voor te berei.

Hoekom Ons?

Verstaan die werk

Ons breek moeilike konsepte op in eenvoudige, verstaanbare stappe.

Persoonlike aandag

Elke leerder leer anders.  Lesse word aangepas volgens die leerder se behoeftes.

Leer is lekker!

Kleurvolle, kreatiewe en praktiese maniere om leer meer interessant te maak.

Bou selfvertroue

Wanneer 'n leerder die werk verstaan, groei selfvertroue - en dit wys in die klas en in toetse.

Oor My

My loopbaan het deur verskillende wêrelde beweeg — van argitektuur en ontwerp tot tegnologie en uiteindelik onderwys.

Ek het aan die Universiteit van Pretoria studeer, waar ek my argitektuuropleiding voltooi het. Ek het daarna jare lank in die argitektuur- en kreatiewe bedryf gewerk.

Later het ek my belangstelling in onderwys verder ontwikkel en ’n PGCE in die Intersen-fase aan UNISA voltooi, met cum laude.

Kwalifikasies

  • BArch (Universiteit van Pretoria)
  • PGCE (UNISA)
  • SACE geregistreerd

Ek bied:

  • Gestruktureerde lesse
  • Deurlopende Ondersteuning
  • Aanlyn en/of persoonlike lesse

INDIVIDUELE LESSE

  • Een-tot-een aandag
  • 60 minute

vanaf R300
per les

KLEINGROEP-LESSE

  • 2-4 leerders
  • Meer bekostigbaar

vanaf R200
per les

TOETS/EKSAMEN HULP

  • Gefokusde voorbereiding
  • Fokus op moeilike onderwerpe

vanaf R250
per les

IN DIE NUUS